VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Kollegepark se o11-rugbyspan het onlangs hul medeleye met ‘n pragtige gebaar aan die laerskool Vaalpark Primêr betoon.
Die span het armbandjies met die woorde mnr. Janko tesame met ‘n kruisimbool gedra, om eer te betoon aan Janko Hamman wat onlangs oorlede is.
Die kaalvoetkannetjies het voor hulle kragmeting teen Vaalpark Primêr ‘n oomblik van stilte gehou en op die veld in ‘n sirkel gekniel.
Die spannetjie kom vandeesweek by die Hoërskool Dr. Malan in die Valke-eindstryd teen Laerskool Risiville te staan.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
