Local newsNewsNews
Empathy Walk: Selfs die koue kon geesdrif nie keer nie
VANDERBIJLPARK - Vaalweekblad se eerste Empathy Walk was verlede Saterdag by die Emerald Resort & Casino se wildreservaat aangebied en dit was 'n groot sukses.
Dit was koud … maar jonk en oud het dit geniet en volgende jaar doen ons dit weer!
Deelname was gratis en behalwe daarvoor dat dit as fondsinsameling vir mense in nood gedien het, was dit ‘n heerlike avontuur in die natuurskoon.
Al die skenkings (alles van hemde tot skoene) en nie-bederfbare kos, sal aan Lusa geskenk word wat op hul beurt sal sorg dat dit aan mense met behoefte daarvoor geskenk word.
Die gestappery was in samewerking met die weeklikse Park Run wat daar aangebied word gehou.
Deelnemers was gevra om blou te dra om hul ondersteuning te wys.
Hier is die pretoggend in beeld – Foto’s: Elsje Vermeulen.















At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
