Local newsNewsNews

Miljoene opsies lê vir HS Overvaal se Riaan voor

VEREENIGING - Riaan du Toit van die Hoërskool Overvaal is deur na die Top 30 van die "Maak My 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie!

Hy het in Mei deelgeneem aan die BrandBank-uitdunrondte van die kompetisie, waar sy entrepreneurkennis en vaardighede tot die uiterste beproef is.

Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is die breinkind van Albert van Wyk, in samewerking met ATKV-jeugprojekte, die Mos-Inisiatief, Akademia en ATKV-oorde.

Die doel van hierdie kompetisie is:
• Bewusmaking van entrepreneurskap by skole
• Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning

Die “Maak My ‘n Miljoenêr” span het vanaf verlede jaar Oktober ‘n landswye toer afgeskop opsoek na die top hoërskool-entrepreneurs.

Albert en die “Maak My ‘n Miljoenêr” span het 82 skole besoek en 92 000 hoërskool leerders toegespreek. In totaal het 230 hoërskool-entrepreneurs ingeskryf vir die kompetisie.

Daarna is ‘n Top 60 aangewys, waarvan Overvaal se Riaan deel was. Die Top 60 moes daarna in die BrandBank rondte ‘n paneel van beoordelaars beïndruk.

In die rondte moes die deelnemers fisies op ‘n rooi bank sit, en is ondervra oor hul besigheid om te toets of hulle regtig hul besighede goed ken, en om te kyk of hulle het wat dit vat om deur te dring na die volgende rondte.

Dit was glad nie ‘n maklike taak om die beoordelaars (Albert van Wyk, Marcius van Antwerp, Jason Coulson, Lisa met die rooi hare, en Angie Gallagher van ATKV-jeugprojekte) te beïndruk nie, maar Riaan het dit vermag en sodoende deurgedring na die Top 30.

In die volgende rondte gaan die deelnemers getoets word deur oplossings te vind vir regte wêreldprobleme in bestaande besighede.

Die entrepreneurs gaan moet wakker wees vir die uitdagingsrondtes omdat daar na elke uitdaging ‘n afstemming sal wees.

Vaalweekblad glo en vertrou saam met Hoërskool Overvaal dat Riaan ook in die dié rondte suksesvol sal wees en na die Top 20 deurdring.

Hoe dit ook al sy, dit is duidelik dat Riaan net aan die begin staan van ‘n opwindende lewensreis is.
Om te sien hoe Riaan vaar, kyk gerus na ViaTV-kanaal 147, Donderdagaande om 20:00 vanaf 7 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button