Ouma Ria de Bruyn vier 97ste verjaarsdag
Veels geluk Ouma Ria. Mag daar nog vele geseënde jare voorlê.
VANDERBIJLPARK – Daar is 18 Junie behoorlik partytjie gehou by Huis Siesta toe Ouma Ria de Bruyn se 97ste verjaarsdag gevier is.
Sy is een van die oudste inwoners by die oord. Haar kinders, kleinkinders en vriende het saam met haar verjaarsdag gehou.
Ouma Ria word deur haar kinders, skoonkinders en kleinkinders beskryf as die familie se middelpunt en ‘n bron van inspirasie. Haar gesondheid is nog goed nadat sy kanker op 41 jaar oorleef het.
Ouma Ria is die afgelope 25 jaar ‘n inwoner van Herfsoord en Huis Siesta. Die gebore Vrystater is nou volbloed Valie.
Een ding wat sy wel van die Vrystaat oorgehou het en wat haar nog meer geliefd maak onder die personeel is dat sy goed Sotho kan praat.
Sy verkies om eerder met hulle in Sotho te kommunikeer as in Engels. Veels geluk Ouma Ria. Mag daar nog vele geseënde jare voorlê.
