Local newsNewsNews

Soet smaak van oorwinning op Die Wanderers

VEREENIGING - Die lewe is 'n lied as jy die kans kry om op die ikoniese Wanderers-krieketblad te speel, én boonop met 'n trofee vir puik spel huiswaarts kan keer.

‘n Paar jong talentvolle krieketspelers het verlede naweek aan die gesogte Lions-kriekettoernooie in die o11-afdeling deelgeneem en as kampioene uit die stryd getree.

Xander du Plessis, Hunter du Plessis, Dillan Gomez en Logan de Jager (almal leerlinge van LS Risiville) het die Khosa CC Ospreys o11-span verteenwoordig.

Die Du Plessis-broers (Xander en Hunter), Dillan Gomez en Logan de Jager (almal leerlinge van LS Risiville) wat die Khosa CC Ospreys o11-span verteenwoordig het.

Die span het deur sewe groepswedstryde gevorder, en daarna op Saterdag die kwarteindstryd én die halfeindstryd gewen.

Hulle het toe Sondag in die finaal in die Wanderers-stadion hul beste krieket opgedis.

“Hulle het met toewyding, spanwerk en uitsonderlike gees gespeel, en die oorwinning is ’n groot prestasie vir hulle en vir die Vaaldriehoek-gemeenskap,” sê Vivian du Plessis (trotse ma en woordvoerder vir die seuns).

“Dit was elkeen van hulle se droom om op Wanderers te speel,” sluit Vivian af.

Die afdelings waarin spanne kon deelneem is: o11; o13 (seuns en dogters); o14; o16; o18; mans ope (Premier A); vroue ope; senior mans; veterane mans en blinde-krieket.

In totaal het 26 spanne in die o11-afdeling meegeding.

* Divan Nell van die Laerskool Midvaal het ook rede om breed te glimlag. Hy het die Western Warriors Titans o13-span verteenwoordig, wat in hulle afdeling ook as kampioenspan uit die stryd getree het.

Divan Nell van die Laerskool Midvaal wat vir die Warriors gespeel het en Hunter du Plessis.
Khosa CC Ospreys o11-span vier fees nadat hulle as kampioene in hul afdeling gekroon is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button