Local newsNewsNews
Nuwe leiers vir Orion Voortrekkers
Die Voortrekkers staan sterk in Vanderbijlpark en hul nuwe Hoofspanleiers gaan al hul kragte inspan om die wa deur die drif te trek.
VANDERBIJLPARK -Die Orion Voortrekker Kommando het met hul kwartaalafsluiting ook hul nuwe leiers aangekondig.
Vir die Penkoppe en Drawwertjies (laerskoolleerlinge) gaan Josh van Zyl en Cya van Helden die leisels opneem.
Die Verkenners (hoërskool) word nou deur Johan Coetzee en Emily Rencken aangevoer.
Andries Visagie van Orion Kommando het gesê: “Voorspoed met julle werk as jong leiers, Orion Voortrekkers is trots op julle.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
