Local newsNewsNews

Vaalweekblad maak historiese skuif

Vaalweekblad is die vlagskip van MooiVaal Media en sal voortaan gratis aan die gemeeskap beskikbaar wees. Lees hier waar jy die koerant kan kry.

Die Suid-Afrikaanse koerant industrie het die afgelope paar jaar verskeie storms trotseer om gedrukte weergawes te behou.

Dit is grootliks weens die digitale era waarin ons lewe, wat herstrukturering van koerantuitgewers vereis … anders sink jou skip.

By MooiVaal Media is daar reeds vooraf beplan en verskeie aanpassings gemaak om saam met die veranderende landskap van koerantwese te groei.

Maar net soos ander koerante, het Vaalweekblad die afgelope paar jaar gebuk gegaan onder dalende sirkulasie, terwyl ons digitale platforms voortdurende groei toon.

Om die rede word MooiVaal Media se vlagskip, Vaalweekblad, vanaf Julie ‘n gratis publikasie wat op verskeie plekke in die Vaaldriehoek aan ons getroue lesers beskikbaar sal wees.

Thys Foord, bestuurder van MooiVaal Media.

Vaalweekblad is reeds meer as 60 jaar onlosmaaklik deel van die Vaaldriehoek-gemeenskap. Dit was ook vir die afgelope 20 jaar my voorreg om deel te wees van die Vaalweekblad uitgewerspan. Eerder as om bloot die publikasie van Vaalweekblad te staak, het ons besluit om dit as ’n gratis koerant uit te gee. Ons glo dat Vaalweekblad op hierdie manier nog vir ’n baie lang tyd deel van die Vaaldriehoek gemeenskap gaan wees,” se mnr. Thys Foord, algemene bestuurder van MooiVaal Media.

Elsje Vermeulen, senior redakteur van MooiVaal Media.

“Moet ook nie bekommerd wees nie, ons kwaliteit en hoë standaard sal steeds dieselfe bly,” verseker Elsje Vermeulen, redakteur van Vaalweekblad.

“Ons koerant sorg nie net dat lesers op hoogte bly van plaaslike gebeure (goed en sleg) nie, maar is ‘n waghond vir die gemeenskap,” se Elsje.

Vaalweekblad sal steeds op Vrydae verskyn.

Klik op die logo om te sien waar die Vaalweekblad voortaan afgehaal kan word.

Skandeer die QR-kode vir afsetpunte in die gemeenskap.

Die feit dat Vaalweekblad nou gratis beskikbaar gaan wees, bied ook nuwe geleenthede vir adverteerders.

“Danksy beduidende verhoging van ons drukoplaag gaan dit ons in staat stel om selfs meer lesers in ons gemeenskap te bereik, wat ons adverteerders ongeëwenaarde blootstelling en betrokkenheidsgeleenthede sal bied. Werk saam met ons om jou handelsmerk met ‘n wyer gehoor te verbind,” nooi Antoinette Badenhorst, MooiVaal Media se advertensie bestuurder.

Antoinette Badenhorst, advertensie bestuurder van MooiVaal Media.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button