Local newsNewsNews

MS-Ysbere ekstra dapper in winterweer

Die meeste van ons sien skaars kans vir 'n koel stort in die winter, maar die manne en vroue van MS-Hoop het Saterdag in die Aldam gaan swem.

SASOLBURG – MS-Warrior Rozaan Steyn het Saterdag haar tweede Ysbeerswem in die Aldam aangedurf. Dit was die 30ste keer dat swemmers van oraloor gekom het om die yswater in die hartjie van die winter te beproef.

Yskoud maar tevrede. Rozaan Steyn, links voor, word uit die water gehelp.

Alles natuurlik vir liefdadigheid. Rozaan en haar ma, Ansie, het saam-saam die water aangedurf.

Hulle het meer as genoeg ondersteuners op die wal gehad, met familie wat so ver as Rustenburg en Welkom gereis het om die skouspel mee te maak.

“Ek was bietjie benoud toe ons 06:00 uit Sasolburg gery het en die temperatuur by -6 en -7°Celsius bly draai het,” vertel Rozaan.

“Ons het in ‘n konvooi van vier motors gery, waaronder sewe swemmers getel het. Gerrie Hadders, mede-MS lyer wou ook graag weer swem, maar het ongelukkig ernstig siek geword.

Rozaan Steyn (heel links) saam met die ondersteuners van MS-Hoop wat saam met haar die koue water trotseer het.

Met hul aankoms by die Aldam was die temperatuur op die wal 10°C en aan die vlak kant 5°C.

Daar was ongeveer 160 swemmers. Teen 12:00 het die swemmers die water ingegaan. Die gedagte was om 50 m tot by die vlot te vorder en dan weer 50 m terug.

Naas Aldam vind daar die jaar ook Ysbeerswem-aksies plaas in Bloemfontein, Sutherland en Victoriabaai.

“Ek sal graag die een in Sutherland wil aandurf,” raak Rozaan geesdriftig, maar ma Ansie dink nie dis ‘n goeie idee nie en selfs pa Steyn skud kop.

“Jy was al klaar spierwit in die gesig en blou om die mond toe jy uitgestap het. Weet jy hoe koud raak dit in Sutherland?”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button