Local newsNewsNews

Vaal se Anton spog met nuwe enkelsnit

VANDERBIJLPARK - As jy vashou aan emosionele letsels uit die verlede, is Anton Myburgh se nuwe enkelsnit dalk net die nodige inspirasie om jou uit dié greep los te wikkel.

Met sy rou lirieke, diep empatie en eerlike selfondersoek bied Anton se nuwe enkelsnit, “Wat Verby is, is Verby”, ’n roerende oproep tot bevryding van die verlede.

“Daar is dinge wat met mense gebeur wat baie erg is. Wat moeilik vergeet word en jou lewe ingrypend verander. Dit is toue wat jou vashou,” verduidelik Anton.

Myburgh se gebruik van die beeld “verbrande as” spreek van finaliteit – ’n wete dat die verlede nie herskryf kan word nie, ongeag hoe graag ’n mens dit wil doen.”

Tog gaan hierdie lied nie net oor verlies nie, maar oor groei. “’n Mens moet aanpas en vorentoe gaan.”

Vir Myburgh is aanvaarding van die hede en die loslaat van gister ’n aktiewe keuse.

Een van die mees aangrypende reëls kom in vers drie: “Elke afdraaipaadjie ken jy…”. Vir Myburgh simboliseer dit die keuses wat ’n mens maak om pyn te vermy.

“’n Mens vermy slegte goed en daarom draai jy af,” verduidelik hy. Tog dra elke afdraaipaadjie by tot die vorming van ’n mens, en in sy geval, tot sy kunstenaarskap.

Sy lirieke spreek van innerlike pyn, skuldgevoelens en die dinge wat ons saam met ons dra.

“Slegte goed moet uitgehaal word uit jou geheue, anders word dit te groot om te hanteer,” sê hy.

Uiteindelik is “Wat Verby is, is Verby” ’n lied oor vryheid – nie net van ander nie, maar van jouself.

“Bevryding is die doel,” sê Anton. “Bevryding van toue wat ander om jou gedraai het, of wat jy self om jou gedraai het,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button