Local newsNewsNews

ELM gewaarsku om pensioenbydraes oor te betaal

Emfuleni is een van die 39 munisipaliteite in die land wat hom skuldig maak aan dié wanbedryf om pensioenfondsbydraes nie oor te betaal nie.

Die nasionale tesourie (NT) het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit vandeesweek gewaarsku om binne sewe dae personeel se pensioenbydraes aan hul pensioenfonds oor te betaal om verdere stappe te vermy.

“In Emfuleni se geval het die munisipaliteit meer as R6,5 miljoen se pensioenfondsbydraes in sy eie koffers gehou in stede daarvan om dit te betaal,” verduidelik raadslid Gerda Senekal van die VF Plus.

Die NT het Emfuleni verder gewaarsku om sy historiese skuld van R1,7 miljard aan Rand Water te vereffen.

“Indien Emfuleni nie hieraan gehoor gee nie, sal die nasionale regering sy billike aandeel vir die oorblywende gedeelte van die 2025/26-finansiële jaar weerhou.

“Ons is nie verbaas oor die NT se drastiese stappe teen Emfuleni,” meen Senekal.

Nie eers die feit dat die munisipaliteit vir vier jaar onder die Gautengse regering se administrasie was, het ʼn verbetering meegebring nie.

Eskom en Rand Water het al verskeie keer op die munisipaliteit se rekening beslag gelê, waarna inwoners hul uitstaande krag- en waterrekeninge direk aan die grootmaatverskaffers moes betaal.

“Dit is ʼn skande dat die munisipaliteit nie genoegsame dienste aan inwoners kan lewer nie, maar nou ook personeel se  pensioenbydraes vir ander doeleindes aanwend,” sluit Senekal af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button