Local newsNewsNews

Motorfiets konvooi help winterkoue verdryf

Saterdag het 'n konvooi van motorfietse en motors pakkies met gebreide goedere vanaf Meyerton tot in Vanderbijlpark versprei

VANDERBIJLPARK – Vroegoggend op 28 Junie het die MACS se motorfietse reggestaan vir ‘n lang dag van pakkies uitdeel. In elke pakkie ‘n serp en ‘n mussie en alle pakkies moes uitgedeel word.

Helpende Hand se gelukbringer het ook baie aandag getrek.

Agter die motorfiets konvooi het ‘n hele paar motors gelaai met pakkies gereed gestaan. Almal lede van Solidariteit Helpende Hand.

Selfs hul gelukbringer het sy buiging gemaak. Nie noodwendig twee groepe wat mens saam op ‘n missie sou verwag nie, maar as die nood druk moet daar saamgestaan word om ons mense te help.

Van die MACS Vaal se klubhuis in Vanderbijlpark is daar eers Meyerton toe gery en vandaar na Vereeniging en Sasolburg totdat die sirkel voltooi is in Vanderbijlpark.

Die manne en vroue van die MACS en die lede van Solidariteit Helpende Hand het ‘n groot verskil in baie se lewens gemaak Saterdag.

Langs die pad het hulle by verskeie plekke van veiligheid, tehuise vir bejaardes en ander behoeftige instansies gestop.

Uiteindelik het die groep 114 km vir die dag gery en is daar 186 pakkies aan 11 instansies oorhandig. Veral die kinders was beïndruk met die motorfietse wat by hul kom draai het.

Mussies en serpe is summier opgesit en so hier en daar het een die kans gekry om vir ‘n oomblik op een van die groot motorfietse te sit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button