Local newsNewsNews

Ek sê maar net… Waar is die sleutel nou weer?

RUBRIEK - My motor se sleutel is heeldag soek. Nooit waar dit veronderstel is om te wees nie en dan val dit ook nog gereeld op snaakse plekke in.

RUBRIEK – Ek en Myse Ford Mich se sleutel is haaks. So twee weke gelede wil ek huis toe en ek sit sleutel in slot.

Sleutel weier om in slot te gaan. Ek is bietjie sprakeloos, want die betrokke dag het ek nogal baie moes ry sonder enige probleme.

Johan staan nader. “Wat is fout?”
“Sleutel werk nie.”

“Wag ek kyk”. Hy probeer die kant toe en daai kan toe maar niks. “Waar is die spaarsleutel?”
“In my ma se huis.”

Ek dog nog ek grawe die instruksieboek uit, toe is die bakkie al langs my. Ons gaan haal die sleutel. Klim vol verwagting in die motor met die spaarsleutel, maar niks.

Johan bel ‘n elektriese meganikus wakker. Hy neem die sleutel, skud sy kpp. Probeer die ander sleutel, niks.
“Dis die tonnel waar die sleutel ingaan, dis uitgewear.”

Niks wat ons daai tyd van die nag kan doen nie. Dis koud. Ek leen ‘n sweetpak en gaan slaap. Donderdagoggend word ek by die werk afgelaai.

‘n Paar uur later kry ek die boodskap, “jou kar is reg. Kostes R1500.”
Ugh.

Twee dae later val ek dat my stuitjie steeds pyn. Sleutel werk soos ‘n bom, maar het nuwe streke.

Gly uit my hand onder die yskas in. Ek skuif yskas geen sleutel nie. Probeer yskas optel met een hand en vee me die besem in my ander hand. Geen sleutel nie.

Gewaar uiteindelik die sleutel wat onder die yskasrand vassteek. Kantel yskas en skop sleutel uit.

Dag later is ek op pad werk toe, balanseer alles van kamerasak tot by heksleutels in my hande. Wat maak die kar sleutel? Glip uit my hand en onder die kar in.

Ek praat in vreemde tale met die bukslag. Sleutel lê net mooi in die middel onder die kar.

Weer oopsluit, besem kry, tandekners teen die pyn en sleutel onder die kar uitkrap.

Dan praat ons nie eens van al die kere wat sleutel in die kar val en ek kop onderste tussen sitplekke moet soek nie.

Uiters frustreerend maar die feit dat die motor se enjin begin dreun die oomblik as ek die sleutel draai vergoed amper vir al die ongerief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button