Motorfietspret tydens die Centurion Motorfietsklub se Bonfire & Sjerrie Fees. Op die geel motorfiets is Bonnet Pieterse en regs is Cliffie Saunders (albei van die Macs Motorfietsklub en middel-agter is Pieter Coetzer. Foto: Elsje Vermeulen
Die Centurion Motorfietsklub het verlede Saterdag sy Bonfire & Sjerrie Fees gehou, en sowat 650 besoekers het die dag saam geniet.
Almal was welkom, nie net bikers nie.
Die fees wat al meer as 25 jaar aangebied word, het besoekers van heinde en ver gelok.
Die pret het reeds om 10:00 begin, maar die groot oomblik was omstreek 17:00 toe die bonfire aangesteek is.
Dit was ‘n spesiale oomblik, en soos vorige jare het almal ‘n sirkel om die vuurt gevorm.
Die Centurion-lede se brotherhood is verder ingebors. Hulle het sy-aan-sy saamgestaan toe President Gerhard van Driel die aansteekwerk behartig het.
Behalwe dat die manne weet hoe om ‘n bonfire te bou, weet hulle beslis ook hoe om ‘n goeie tyd te hê!
Daar vat hy! Nog ‘n biker maak gereed om nog ‘n swart kring by te voeg tot groot vermaak van omstanders.Die president van die Centurion Motorfietsklub (Gerhard van Driel) het die voorreg gehad om die bonfire aan te steek. Foto’s: Elsje Vermeulen‘n Wye kring is om die bonfire gemaak vir die groot oomblik.Daar word saam gesing rondom die bonfire.Soos altyd was daar baie mooi motorfietse wat die oog gevang het.Besoekers was in hul skik met die feesvieringe.Jonk en oud het die Centurions se Bonfire & Sjerrie Fees geniet.Ruan Steenberg van die Macs Motorfietsklub wys hoe word ‘n burnout gedoen.Daar word foto’s en videos geneem terwyl Cliffie Saunders vir die aksie sorg.Danksy die bikers was daar baie foto- en video-geleentheid.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za