Local newsNewsNews

Laerskole afrigter van Vaal deur Valke geskors

Die geskorste afrigter wil sy onskuld in appèlsaak bewys

VEREENIGING – Die Valke Rugbyunie (VRU) het ‘n o.11-rugbyafrigter effektief vir twee jaar geskors vir sy betrokkenheid by ‘n skermutseling langs ‘n rugbyveld op 28 Mei in Risiville, Vereeniging.

Die voorval het rustyd plaasgevind toe afrigters van die Laerskool Risiville en Laerskool Kollegepark na ‘n woordewisseling handgemeen geraak het. Die Valke het Saterdag 12 Julie ‘n persverklaring uitgereik.

Etienne de Lange, hoof uitvoerende beampte van Valke het telefonies bevestig dat die VRU weens die wet op die beskerming van persoonlike inligting (POPI Act) nie bereid is om die betrokke partye se identiteit te verstrek nie. Die identiteit van die betrokke afrigters is aan Vaalweekblad bekend.

Die Vaaldriehoekse prokureur, Henk Scheepers, wat die afrigter verteenwoordig wat skuldig bevind is, het bevestig dat sy kliënt advokaat Dwight Snyman  aangestel het om sy appèlsaak te hanteer.

“Hierdie fisieke konfrontasie het plaasgevind in die teenwoordigheid van die o/11-rugbyspelers van albei skole, ander leerders en lede van die publiek. Daarbenewens is video-opnames van die voorval wyd versprei op sosiale media.

“Klousule 2.22 van SARU se Gedragskode bepaal dat persone, insluitend afrigters, hulle nie mag besig hou met enige gedrag, optrede of praktyke wat SARU of die spel van rugby in diskrediet bring nie.

“Beide afrigters is aangekla van gedrag wat die spel van rugby in diskrediet bring, aangesien hul optrede totaal onaanvaarbaar, onvanpas en onbetaamlik was. ’n Dissiplinêre verhoor het plaasgevind op Donderdag, 12 Junie 2025 en Maandag, 23 Junie 2025 onderskeidelik.

“Na afloop van die verhoor is een afrigter onskuldig bevind. Die ander afrigter is skuldig bevind en is, met ingang van 30 Junie 2025, vir ’n tydperk van vier jaar geskors om op enige wyse of in enige vorm by die sport van rugby betrokke te wees. Twee jaar van die vier jaar is opgeskort vir ’n tydperk van vier jaar op voorwaarde dat die betrokke persoon hom gedurende dié tydperk nie op ’n wyse gedra wat die sport van rugby in diskrediet bring nie.

“Die Valke Rugby-unie sal beslissend optree teen enige persoon wat die bepalings van SARU se gedragskode oortree, wat onder meer insluit: ongedissiplineerde en onsportiewe gedrag, die nie-aanvaarding van skeidsregters se gesag en besluite, die oortreding van die spelreëls, en enige gedrag of aktiwiteite op of van die veld wat die publiek se vertroue in die spel kan benadeel,” lui die VRU se verklaring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button