Local newsNewsNews

Maak reg Valies, ‘Ouma is opad’

Ouma vat jou saam op ‘n onvergeetlike reis deur ‘n wêreld wat sy nie heeltemal verstaan nie — maar beslis ‘n mening oor het.

VEREENIGING – Ja, ja die regte woord is op pad, maar mens stry nie met Ouma nie. Sy dreig elke jaar om af te tree, maar elke jaar dan byt die rooimiere weer en dan wil sy pad vat en oral gaan kuier.

Verskaf/Margit Meyer-Rödenbeck

Ouma kom al die pad van Garies en het baie op die hart. Sy draai nie doekies om nie. Sy praat ʼn ding so reg uit haar hart en as sy ʼn storie wil vertel dan word dit vertel.

Hierdie jaar maak Ouma (Margit Meyer-Rödenbeck) met Coenraad Rall op klavier hul draai by die Barnyard Vereeniging.

Kaartjies is reeds oop vir bespreking en dit beloof om ʼn vertoning soos min te wees waar jy verseker met seer maagspiere van al die lag, maar ook met stof tot nadenke huis toe sal gaan.

Kyk hier om te sien wat sê Ouma oor die avontuur: https://www.facebook.com/BarnyardVereeniging

Kom kuier saam. Bespreek by https://www.barnyardvaal.co.za/events/ouma-is-opad/. Kaartjies: R150 per persoon. Datum: 20 Augustus 2025. Tyd: 20:00.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button