Local newsNewsNews

AfriForum Vanderbijlpark soek vrywilligers

Begraafplaaspatrollie en hoofpaadjie-opruiming op 17 Augustus

VANDERBIJLPARK – Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het aangekondig dat hulle weer ‘n begraafplaaspatrollie sal hou met die doel om die publiek in staat te stel om hul geliefdes se grafte met gemoedsrus te besoek.

Die patrollie is deel van AfriForum se voortdurende pogings om die veiligheid en netheid van plaaslike begraafplase te verseker. Inwoners word ook uitgenooi om deel te neem aan ‘n opruimingsaksie op 17 Augustus vanaf 11:00, waar die fokus sal wees op die skoonmaak van die hoofpaaie in die begraafplaas om dit meer begaanbaar te maak.

AfriForum moedig gemeenskapslede aan om betrokke te raak by hierdie inisiatief. Vrywilligers word versoek om hul kettingsae, harke of enige ander toepaslike gereedskap saam te bring. Selfs ‘n gewillige hart sal waardeer word, aangesien elke hand help om die begraafplaas ‘n waardige en veilige plek vir besoekers te maak.

Belangstellendes wat ‘n bydrae wil lewer tot hierdie gemeenskapsinisiatief, word aangemoedig om by die AfriForum Vanderbijlpark-tak aan te sluit. Lidmaatskap bied die geleentheid om aktief betrokke te wees by projekte.

Vir meer inligting en om aan te sluit, besoek die AfriForum Vanderbijlpark Facebook-bladsy of kontak die tak direk.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button