Local newsNewsNews

Andries die groenteman wil opgradeer

VANDERBIJLPARK - Sy toeter kan jy sommer van ver hoor! Andries de Beer, die groenteverkoper, is op pad op sy fiets met 'n netjiese waentjie agteraan.

Andries (39) is ‘n inwoner van CW 5 wat in Maart 2023 besluit het dat werkloos by die huis sit, nie vir hom is nie.

Hy het R300 geleen, groente (en later ook vrugte) gaan aankoop en sy eenman-besigheid begin.

Hy het eers die groente in ‘n trollie deur die strate gestoot, maar later kon hy ‘n fiets en waentjie aankoop.

Andries by sy fiets met die waentjie vol groente agteraan. Foto: Elsje Vermeulen

Hy het intussen ‘n bekende gesig in die dorp geword, veral in die CW-areas. Jy sal daagliks sy toeter in die verte hoor, al nader kom, tot hy voor jou huis verby ry.

Dit kom nogal handig te pas vir ouer inwoners en diegene wat nie vervoer het nie.

Andries het egter nou besluit dat die tyd aangebreek het om sy besigheid weer op te gradeer. Hy is op soek na ‘n bekostigbare bakkie wat hy kan afbetaal.

Indien daar iemand is wat Andries kan bystaan en dit vir hom moontlik kan maak, kan hy op WhatsApp by 072 8877 572 gekontak word.

Hy kan nie antwoord terwyl hy deur die strate ry nie, so los asseblief ‘n boodskap waarop hy terug kan reageer.

Andries en sy groentewaentjie het egter so gewild geraak dat sommige inwoners sê hulle sal dit mis.

Andries de Beer met sy groentewaentjie is ‘n bekende gesig in die CW-areas van Vanderbijlpark.
Foto: Elsje Vermeulen

Hier is van die boodskappe wat deur inwoners gedeel is:

Elliose Basson: “Aaai ek hou nogal van die karretjie wat hy mee ry met sy fiets en hoeter. Ons luister al vir sy hoeter.”

Lulu Geldenhuys: “Ons noem hom Toet Toet Kida, weet al hier kom Toet Toet.”

Gert du Plooy: “Wens so iemand kan jou help. Waar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Jy werk vir jou geld. Hoop die deure gaan vir jou oop. Wens ek kon help”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button