Local newsNewsNews

Dit gaan nog goed met Mnr. Ultra-atleet

VANDERBIJLPARK - Hy is Mnr. Ultra-atleet! Wie gaan stry? Louis Harmse (75) het deur die jare diep spore getrap en verskeie rekords opgestel in strawwe kompetisies soos die Comrades Marathon, die Duzi-kanowedvaart, Ultraman- en driekamp kompetisies. Vaalweekblad het by Louis gaan inloer.

Louis spog met 27 Comrades-medaljes, waarvan 21 agtereenvolgende silwermedaljes is.

Hy het die Duzi-kanowedvaart 10 keer aangedurf, asook 10 Ironman-kanowedvaarte.

Met soveel hoogtepunte in sy sportloopbaan spog hy ook as wenner van die Ultraman-kompetisie (165 km fietsry, Duzi-kanowedvaart, Two Oceans Marathon, die Comrades Marathon en ‘n drie-daagse ultra-kano, -fiets en -wedloop) op sy kerfstok.

Vaalweekblad het by Louis gaan inloer om uit te vind waarmee hy homself tans besig hou.

Louis Harmse van Vanderbijlpark – Mnr. Ultra-atleet. Foto: Elsje Vermeulen

En dit is goeie nuus. Dit gaan met Louis baie goed en hoewel hy nie meer kompeterend deelneem nie, neem hy so nou en dan steeds aan halfmarathonne deel en is baie betrokke met organisering van kompetisies.

Louis het homself sowat 32 gelede in die Vaal in Sasolburg gevestig, as ambagsman by Sasol.

Hy het op 29-jarige ouderdom by langasem-geledere aangesluit, en toe die marathon-gogga byt, was daar geen keer nie.

Louis het in 1985 aan sy heel eerste Comrades-marathon deelgeneem en met ‘n silwermedalje huistoe gekeer.

Hy het daarna jaarliks aan die Comrades-marathon deelgeneem en tot in 2001 elke jaar ‘n silwermedalje verwerf. Louis was in 2001 ook Vaalweekblad se Sportster van die Jaar.

Louis Harmse is in 2001 as Vaalweekblad se Sportster van die Jaar gekroon. Links is Pieter de Bruyn (borg) en wyle Doug Slater (borg).

Daarna het hy elke jaar of ‘n Bill Rowan-, silwer-, of bronsmedalje verwerf.

Op die ouderdom van 61 het Louis vir sy laaste Comrades-marathon ingeskryf. Hy het die eindstreep in ‘n tyd van 8 uur 22 min oorgesteek. Daarmee wat hy ook die tweede meestersalteet tuis.

Met geen besering wat dit genoodsaak het nie, het Louis in 2011 besluit om op te hou deelneem aan marathonne.

Dit beteken nie dat hy nie meer aktief is nie. Hy neem steeds aan bergfietswedrenne deel en het vanjaar die Vaal Halfmarathon kaf gedraf.

Die Mittal-atletiekklub is ook op Louis se kleinhoewe gelee, en is hy dus steeds baie met die klub en sy lede doenig. Iets wat van uiterste belang is vir die Vaal se langasems, want Louis se kennis is goud werd.

“Ek laat die jong manne sweet om my te wen,” spot Louis.

As Louis nie met sport doenig is nie, plant hy groente op sy kleinhoewe en spandeer soveel tyd hy kan saam met sy kleinkinders.

“Wat ek die meeste mis is die kameraadskap onder deelnemers wat aan marathonne deelneem. En natuurlik al die mooi plekke wat mens sien as jy na ander plekke en lande toer om deel te neem,” vertel Louis.

Hy het al verskeie kere oorsee deelgeneem, en plekke gesien wat die meeste ander mense nooit sal sien nie.

Louis blaai deur ‘n spesiale boek wat vir hom gemaak is met al sy sportprestasies in. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button