Local newsNewsNews
Vanderbijlpark AVBOB reik uit na Jeugland
Jeugland het gevra en hulle het ontvang.
VANDERBIJLPARK – RC Lindeque begrafnis agent van AVBOB Vanderbijlpark het onlangs op Facebook gesien dat Jeugland tehuis vir bejaardes dringend opsoek was na basiese toiletware van vaseline tot by shampoo.
Hy het besluit om tot aksie oor te gaan en as deel van die tak se Madiba-dag liefdadigheid is daar 50 pakkies opgemaak met al die benodighede.
15 Junie het RC die pakkies by Jeugland gaan aflewer waar dit deur Jeugland se bestuurder Katinka Nel ontvang is. Die pakkies is spesifiek vir die inwoners van Jeugland se verswakte sorgeenheid.
Vir meer inligting oor Jeugland wat al sedert 1977 bejaardes versorg, besoek gerus hul Facebookblad.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
