Local newsNewsNews

Jeug help om Sasolburg skoon te maak

Wanneer mense leer om saam te staan en saam te doen, kan mens die resultate sien.

SASOLBURG – Eens op ‘n tyd was die groenstroke in Sasolburg iets om op trots te wees. Veilig, groen en netjies. Maar, dit was lank gelede.

Met die munisipaliteit wat nie meer dienste lewer soos dit moet nie, moet privaat instansies ingryp waar hul kan.

Dis presies wat die AfriForum-tak in Sasolburg, in samewerking met studente wat deel is van AfriForum Jeug se mentorskapprogram gedoen het.

Verlede Dinsdag het hulle die groenstrook tussen die Shell-vulstasie en die R59 skoongemaak.

Voordat die gras gesny kon word, is die vullis eers opgetel. Daarna is die gras met bossiekappers en vier grasmasjiene gesny. Uiteindelik is 3,5 hektaar se gras gesny en twee vragte vullis weggery.

In een van die bosse wat gesny is, is ’n bos sleutels en ’n klomp stukkende slotte gevind, wat op moontlike kriminele aktiwiteite dui. Dit beklemtoon die belangrikheid om gras en bosse in toom te hou, anders hou dit ’n veiligheidsrisiko in.

“Die AfriForum-tak bedank elkeen wat aan hierdie skoonmaakprojek deelgeneem het. Dit is lekker as inwoners sommer opdaag met werkers om ons hande sterker te maak. Die jeuggroep het ook baie fluks gehelp en die werk laat voort spoed.

“Die jongmense het ’n goeie idee gekry hoekom AfriForum sê dat selfdoen beter is as niksdoen, veral in gevalle waar die munisipaliteite in gebreke bly om hulle werk na behore te doen,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak.

Kontak Johan Hayward by 073 885 1365 om by die buurtwag betrokke te raak. Om by projekte betrokke te raak, kontak Braam Muller by 076 125 7773.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button