Local newsNewsNews

Gestremde Valie gekies vir SA swemspan, hulp benodig

JP Nel staan op die drumpel om sy lewensdroom te bereik, waarvoor hy al jare kliphard oefen, maar hy benodig hulp en dringend ook. Lees meer...

SASOLBURG – JP Nel (25) swem al vandat hy vyf jaar oud is. Dit was nog altyd sy droom SA internasionaal te verteenwoordig.

JP is onder meer aandagafleibaar en tas sensitief. Dit is een van die redes waarom hy swem so geniet. Dis nie ‘n kontaksport nie.

JP Nel in aksie.

Sy ma, Joan Nel, sê sy het JP op aanbeveling van hul dokter destyds laat swemlesse neem aangesien hy ook ‘n asmalyer is.

Hy het as deel van die Fakkel School of Skills se swemspan in 2015 begin om medaljes in te ryg. Daarna het hy Vrystaatkleure gekry en vele medaljes ook by die SA’s verdien.

Na skool het hy voortgegaan om kompeterend te swem en het hy gekompeteer in die S14-kategorie. Hierdie kategorie groepeer swemmers saam wat ‘n stadiger reaksietyd het en wat sukkel om byvoorbeeld die volgorde van gebeure of patrone te herken of te onthou.

Verlede week het hy gehoor dat hy gekies is om Suid-Afrika by die Virtus Swimming World Championships in Bangkok, Thailand te gaan verteenwoordig vanaf 20 – 30 Augustus.

Hy gaan in die II1 klas swem vir swemmers met intellektuele gestremdheid.
Vir JP is swem meer as net ʼn sport. Dis nou al vir jare sy lewenswyse.

Hy verwys daarna as sy hart sport en is op sy gelukkigste as hy kan swem.
Die SA swemspan moet ongelukkig hul eie fondse insamel om aan die wêreldkampioenskappe te kan deelneem.

JP benodig ongeveer R50 000 wat voor 31 Julie ingesamel moet word.
Die gelde sal gaan vir sy vliegtuigkaartjies, akkommodasie, spandrag, toerusting, etes, vervoer, kompetisie fooie en reis versekering.

Elke donasie hoe klein of groot ook al sal help om JP nader aan sy doel te bring. Daar is ʼn back-a-buddy rekening gestig om JP te help of kontak sy ma by 073 119 0178.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button