Local newsNewsNews

HS Vaalpark sorg vir mens en dier

Dit was 'n besige tweede kwartaal vir HS Vaalpark, maar hul liefdadigheidsprojekte was 'n groot sukses.

VAALPARK – Hoërskool Vaalpark het onlangs twee liefdadigheidsprojekte tegelyk gehardloop.

Die een was om soveel as moontlik bestanddele vir sopbottels bymekaar te maak en die ander die insameling van hondekos, komberse en speelgoed.

Zinhle Mpembe en Ziné van Rooyen help om die kospakkies te pak.

Die projekte was deel van Die Kiewiets se werksaamhede. Die bottels met die sopmengsels is geduldig gevul en vasgedraai onder beheer van twee onderwyseresse, Me. Ronè Rottcher en Me. Corli Jannach.

Me. Rozani Heyns en Me. Elanè Storm het die Vaalpets projek onder hul vlerk geneem.

‘n Groep van Die Kiewiets is na die Eureka skool. Die bottels is daar oorhandig en die gedagte was om twee bottels per kind op die skool se voedingskema te voorsien.

Aziza Rashid en Miki Greeff pak die verskillende lae sopmengsels in die bottels.

Die res van die Kiewiets is na Vaalpets waar die hondekos, komberse en speelgoed afgegee is. Die leerders en die onderwysers het van die geleentheid gebruik gemaak om met veral die jong hondjies te speel.

Mev. Susan Roux sê die Vaalpets projek het reeds in Mei begin toe ‘n pajama-dag gehou is om die eerste fondse in te samel. Van daar het die projek net groter geword.

“Ons is dankbaar vir almal wat bygedra het. “Ons rig ‘n uitdaging aan HTS Sasolburg, Afrikaans Hoër Sasolburg, Hoërskool Sasolburg en Vaalpark Primêr om dieselfde of beter vir die diere in ons omgewing te doen.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button