Local newsNewsNews
Internasionale sukses vir twee Valia-atlete
VANDERBIJLPARK - Die HS Transvalia se beker loop oor nadat twee van sy atlete sukses behaal het op die internasionale verhoog.
Alethea Visser (graad 10) het ‘n silwermedalje verwerf in verspring tydens die Helsingborg Uitnodigingsbyeenkoms in Swede.
Daarmee saam het sy die seisoen se Europese Toer op ‘n hoogtepunt afgesluit.
“Alethea hou aan om te inspireer met haar volgehoue vordering en vasberadenheid. Sy is nie net ’n medaljewenner nie, maar ’n toekomstige ster op die wêreldverhoog,” het Munya Maraire, HUB van World Wide Scholarships, gesê.
Nog ‘n uitblinker!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
