Local newsNewsNews

Waar is die Bijlers van 1985?

1985. Kan dit regtig 40 jaar terug wees? Die Bijlers matriekgroep van daardie jaar hou eersdaags reünie en hulle is op soek na al hul ou maters.

VANDERBIJLPARK – Dis tyd vir die Hoërskool Vanderbijlpark se 1985 matrieks om hul 40 jaar reünie te hou.

Alhoewel dit voel asof die 80’s ‘n maksimum van 20 jaar gelede moet wees, het daar vier dekades verloop.

Die dirigente van 1985 tydens ‘n atletiek byeenkoms.

Van die ’85 groep het koppe bymekaar gesit en ‘n reünie beplan wat beloof om in ‘n groot kuier te ontaard.

Natuurlik sal ou stories opgediep word en oor onderwysers gesels word. Die dae in die vierkant onder die beroemde boom. Die dae toe Hoërskool Vanderbijlpark nog ‘n eersteklas skool was.

Wie kan hierdie nog onthou?

Hulle sal terugdink aan die seuns wat op Vrydae kadette gehad het en selfs die meisies wat moes dril. Gesprekke oor die kadetorkes, die toneelstuk, romanse oor die muur en die eerste spanne wat hul goed van hul taak gekwyt het.

Die dat die reünie sommer beplan word vir ‘n hele naweek van 3 – 5 Oktober by Ingwe Lodge, Vanderbijlpark.

Daar is reeds heelwat wat hand opgesteek het om saam te kom, selfs ‘n onderwyser of twee. Tertius Keyser kom al die pad van Australië, maar soos die ou Bijler-rooi bus is daar altyd plek vir nog mense.

Dus as jy ‘n 1985 Bijler was kontak gerus vir Carol Jones Snyman by 072 392 9866, Gene Potgieter by 083 937 9019, of Johan van Tonder by 074 314 6658, so gou as moontlik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button