Local newsNewsNews

Een gewen, een verloor … en Saterdag pak NWU en Vereeniging mekaar

Hierdie naweek gaan die plaaslike klubrugby amper net so gewild soos Springbok-rugby wees, want dit is NWU vs Vereeniging Rugbyklub!

VANDERBIJLPARK – “Foute op kritieke tye het ons gekelder in ons kragmeting teen Brakpan. Ons het nie ons kanse benut om punte aan te teken nie.”

Dit is volgens afrigter Dewald Pieters die grootste redes waarom NWU se eerste rugbyspan verlede Saterdag met 27-41 die knie moes buig teen die besoekers.

NWU het die afgelope Saterdag weer op sy tuisveld gespeel, die keer teen die span van Springs, en die keer was NWU die wenspan met 20-13.

Hierdie Saterdag is dit NWU en Vereeniging Rugbyklub wat mekaar die stryd aansê.

Die wedstryde word by NWU gespeel en die eerstespanne skop om 16:00 af.

Cameron Brits van NWU se eerste rugbyspan word deur Brakpan se verdediging gestuit. Foto’s: Elsje Vermeulen
AJ Pretorius van NWU het alles ingesit om Brakpan se heelagter te stuit.
Wian McGeer van NWU op pad om ‘n drie te druk.
Het jou! ‘n NWU-speler kry ‘n Brankpan-speler aan die trui beet.
Wian McGreer sit ‘n laagvat in om Brakpan se aanval te probeer stuit.
Dillyn Hepburn word laag gevat, terwyl spanmaat Cameron Brits nader draf om hulp te verleen.
Melbirt van der Spuy fnuik nog ‘n Brakpan-speler, met die doellyn net ‘n paar meters weg.
Lynstaan-aksie in die kragmeting tussen NWU en Brakpan.
CJ Feast, NWU taai nommer 11-vleuel vat sy eweknie van Brakpan vas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button