Local newsNewsNews
Vaal-bruide genooi om gratis deel te neem
Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.
Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 is volstoom aan die gang en ons spog reeds met heelwat inskrywings.
Inskrywings is gratis en net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.
Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
