Local newsNewsNews

Atletiek Vaaldriehoek-landloop goed op dreef

Die volgende liga-byeenkoms is op 2 Augustus en vind by LS Kollegepark in Vanderbijlpark plaas.

VANDERBIJLPARK – Altesaam 225 atlete het verlede Saterdag aan Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloop-byeenkoms by die HS Driehoek deelgeneem.

AVT is tevrede met die deelname, met die aanloop tot die Vaaldriehoek Kampioenskappe wat op 9 Augustus by LS Kollegepark in Vanderbijlpark plaasvind. Die byeenkoms begin om 10:00.

Na afloop van die AVT-kampioenskappe sal daar spanne gekies word wat AVT gaan verteenwoordig by die ASA Cross Country Championship, wat 6 September in Middelburg, Mpumalanga plaasvind.

Sephula Bohlale het die voortou geneem in senior mans en seuns o13, o14 en o15 groep, en behou tot oor die eindstreep. Foto’s: Elsje Vermeulen
Marietjie Ceronio was die vroue 65+ wenner.
Selna van As was die dogters o17 wenner.
Marise Duvenhage (bloue) het die tweede plek behaal in die dogters 014 afdeling, en Katiana Wiese (rooi) die derde plek.
Louise Britz was tweede in die afdeling vir Vroue 55.
Nog jong deelnemers in die vroue groep.
Drie ondersteuners sit eenkant op die pawiljoene terwyl die landloop aan die gang is.
Ander ondersteuners het van die geleentheid gebruik gemaak om ondersoek in te stel na “vreemde voorwerpe”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button