Local newsNewsNews

Spesiale dae by Eureka Skool van sport tot by Loslitdag

Nog 'n besige kwartaal wag op Eureka Skool in Vereeniging, o.a die groot skaak toernooi op 26 Augustus, die afskop van hul Loslitdag op 8 Augustus en hul spesiale sportdag op 30 Augustus.

VEREENIGING – Loslitdag (Casual Day), waar fondse vir mense met fisiese en verstandelike gestremdhede ingesamel word, vind hierdie jaar op 5 September plaas.

Elke jaar is die Eureka Skool vir leerders met erge fisiese en verstandelike gestremdhede voor in die koor as dit kom by die verkoop van plakkers vir die dag.

‘n Rolstoelresies in volle swang in 2024. Foto: Gerda Bruinette

Eureka se loodsing van die dag is legendaries. Op 8 Augustus trek die skool se borge, vriende en ondersteuners saam vir ‘n gratis ontbyt by die skool met die blinde sanger Vernon Barnard wat gaan optree.

Mense wat graag die dag wil ondersteun en dalk plakkers wil koop vir hul kantoor of organisasie kan Santie bel op 073 181 4096 voor 4 Augustus.

Nog ‘n dag waar plakkers te koop sal wees is tydens die Eureka Spesiale Sportdag wat 30 Augustus plaasvind vanaf 08:30 – 11:30. Verskeie LSED skole ding mee aan alles van rolstoelresies en kruip tot by doelskop en doele gooi.

Die afskop van Loslitdag in 2024 het vir groot opwinding gesorg. Foto: Gerda Bruinette

Dit word nie verniet ‘n spesiale sportdag genoem nie. Elkeen is ‘n wenner en dit eindig gewoonlik met groot glimlagte by die leerders en trane in die oë van die ondersteuners.

Vir meer inligting oor enige van die spesiale dae of om Loslitdag plakkers te bestel kontak vir Santie by 073 181 4096. Plakkers kos R20.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button