Jeugland Dienssentrum program vir Augustus
Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede

VANDERBIJLPARK. – Jeugland Dienssentrum vir senior persone bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die Buitepossaal aan. Dit sluit
praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets. Die byeenkomste word Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 aangebied. Die koste is R10 per persoon.
Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Augustus:
7 Augustus – Vroue van die Bybel. (Spreker: Ds Rethie van Niekerk).
14 Augustus – Lewende Geskiedenis: Anglo-Boereoorlog. Die volk staan weer op. (Sprekers: FAK & Vaaldriehoek Kultuurnetwerk, Sangers: Juan-Dré Jacobs en Chalkboard Champs).
21 Augustus – Gehoorverlies en gesonde gehoor. (Oudioloog: Danie von Wielligh, Kind 2 Hearing).
28 Augustus – Voordele van Gracious-kasterolie (Aanbieder: Annari du Plessis).
Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Katinka Nel of me. Mignon Venter by (016) 933-3995 vir meer besonderhede.
