Local newsNewsNews

Foto’s: Brand verwoes Mantevrede-huis

Niemand is in die brand beseer nie

VANDERBIJLPARK – Die presiese oorsaak van die brand wat vanoggend ‘n huis by 121 Mantevrede Kleinhoewes amper heeltemal in puin gelê, moet nog vasgestel word.

Niemand is in die brand beseer nie. Hoewel die aanvanklik noodoproep vinnig uitgestuur is, kon die brandweer nie bereik word nie. Lede van die publiek en inwoners van Mantevrede het kragte saamgespan om self die brand te blus en te sorg dat die smeulende oorskot nie weer vlamvat nie.

Watertenks en selfs die swembad se water is met emmers aangedra om die brand te blus.

Smeulende oorblyself kan enige tyd weer aan die brand slaan. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Volgens DA-raadslid, Maureen Dosoudil, is daar al voorheen geklagtes ingedien dat die plaaslike brandweer nie in die hande gekry kan word nie.  Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) het onlangs ook ‘n nuwe brandweerwaens gekry, maar dit is onduidelik waar dit gestasioneer is.

“Die skade op plotte kan beperk word, maar wat gaan gebeur in dig geboude gebiede soos informele nedersettings as ‘m brand ontstaan?” wou sy weet.

Noodpersoneel en lede van die publiek probeer die vlamme te blus. Foto’s: Ettienne van Rensburg
‘n Brandweerman van ‘n privaat instansie blus die vuur.

 

Emmers vol water word deur weldoeners en familie uit die swembad geskep.
‘n Emmer water word vir ‘n brandweerman aangegee.
Brandweermanne blus die vlamme.
‘n Waterslang van ‘n privare watertenk word aangegee vir ‘n brandweerman.
Rook borrel terwyl brandweermanne die brand onder beheer bring.
Rook borrel terwyl brandweermanne die brand onder beheer bring.
Bystanders en weldoeners help om die brand te bestry.
Hier kom nog ‘n emmer water.
Water word aangedra om die brand te blus.
Water word aangedra om die brand te blus.
Water word aangedra om die brand te blus.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button