VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoekse laerskole-rugbyarfrigter wat deur die Valke Rugbyunie (VRU) effektief vir twee jaar geskors vir sy betrokkenheid by ‘n skermutseling langs ‘n rugbyveld op 28 Mei in Risiville in Vereeniging se skorsing is verminder nadat hy appél aangeteken het.
Die voorval het rustyd plaasgevind toe afrigters van die Laerskool Risiville en Laerskool Kollegepark na ‘n woordewisseling handgemeen geraak het. Die Valke het 12 Julie ‘n persverklaring uitgereik.
Ettienne de Lange, hoof uitvoerende beampte van Valke het bevestig dat die VRU weens die wet op die beskerming van persoonlike inligting (POPI Act) nie bereid is om die betrokke partye se identiteit te verstrek nie.
Die identiteit van die betrokke afrigter is egter aan al die klubvoorsitters van die VRU bekendgemaak, om te verseker dat sy straf uitgedien word.
Na appél is die afrigter se skorsing aangepas. Hy is effektief vir ses maande geskors en 4 jaar opgeskort mits hy homself nie weer aan soortgelyke gedrag skuldig maak nie. Die skorsing het op 30 Junie in werking getree.
