Local newsNewsNews

Nog pragtige bruide om mee te spog

Inskrywings is gratis en net soos al die vorige jare sal daar weer pryse op die spel wees.

Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 is volstoom aan die gang en ons spog reeds met heelwat inskrywings.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Deneysville, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurhaak word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

Frans en Marzaan Eloff van Vereeniging is op 12 Julie getroud.
Louis en Cornelia Triegaardt van Vanderbijlpark is op 10 Mei getroud.
Marisa en Morné Cilliers van Vanderbijlpark is op 21 Junie getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button