Storm verhoed V8 Sprint-aksie in VSA
Die tweede byeenkoms is op Vrydag, 1 Augustus by Spartan Speedway (Mason, Michigan) en die twee jaers hoop om dan hul stempel op Amerikaanse bodem af te druk.
VEREENIGING – Jacques Roos en Quintin Saayman het geen bekendstelling in SA ovaalwedren-geledere nodig nie!
Hierdie twee renjaers het al oor-en-oor bewys hoe vreesloos en bekwaam hulle is agter die stuur van hul Sprint-motors.
Hulle sou die afgelope Saterdag ook die kans gekry het om hul talent in Amerika ten toon stel in die SA vs VSA V8 Sprint-afdeling. Maar ‘n hewige storm het dit verhoed.


Roos en Saayman is albei jaers van die Ultimate Outlaws Raceway in Vereeniging (by die Vaal-skouterrein).
Albei jaers het reeds in Maart vanjaar die SA-span tot ‘n oorwinning gelei oor die Amerikaanse besoekers tydens die begin van die 2025-toer.
Hulle hoop nou dat hulle Vrydag, 1 Augustus by Spartan Speedway (Mason, Michigan) die geleentheid gaan kry in die tweede been van die toetsreeks.
Suid-Afrikaanse aanhangers kan ook al die aksie regstreeks volg deur ‘n Facebook Live-stroom vanaf Jacques Roos se Facebook-blad: Jr Motorsports fans.
