Liedjieboer kom in die Vaal kuier
Die vertoning is 'n fondsinsameling-projek ten bate van Vaalpets.
Die bekende Suid-Afrikaanse liedjieboer, Anton Goosen, gaan op 2 Augustus om 14:30 by die Kaalvoet Kafee optree.
Die Kaalvoet Kafee is geleë tussen Bon Af Bessie Plaas en Pont de Val op Boundary Road. Dit is sowat 20km buite Vanderbijlpark.
Mense word genooi om reeds van 13:00 af saam te kom kuier.
Daar sal kos te koop wees, gemaak deur Vaalpets-vrywilligers. Daar sal worsbroodjies te koop wees teen R50 en Kerrie-en-Rys teen R100. Die opbrengs is ten bate van Vaalpets.
Daar is ook ‘n klein boekwinkel op die perseel wat besoek kan word.
Kaartjies kos R200 per persoon en kinders onder 12 kry gratis toegang.
Besprekings is noodsaaklik. Kontak René op 083 4080 272 vir besprekings en navrae.

