NewsNews

Ons weet wat ons weet

Sê nou maar jy het drie wense gehad, waarvoor sou jy wens? Die jongelinge van JustKIDing Naskoolsentrum het Gerda Bruinette met hul kreatiewe antwoorde verras.

Joshua Hicks Ludick Ek wens ek kon swem in my eie swembad. Ek wens ek kon oor een slapie verjaar. Ek wens my ma kon vir my nog speelgoed koop.

Joshua Hicks Ludick

Chenigue de Jongh Om ‘n iPhone te kry, ‘n PlayStation 4 en ek wil Richardsbaai toe gaan om op die strand te gaan lê.

Chenique de Jongh

Audri Dreyer Ek wens vir nog twee voëltjies, ‘n ringnek en ‘n papegaai. Ek wens dat mamma ‘n kar kan kry en my derde wens is dat mense wat hulp nodig het, dit sal kry.

Audri Dreyer

CJ van der Merwe Ek wens vir ‘n bal, ‘n bakkie en ‘n swembad vol rainbow jelly wat net vir my is.

CJ van der Merwe

Jayden Ludick Ek wens ek was Spiderman se powers. Ek wens ek het ‘n boek en ‘n pen gehad en alles wat ek teken word regtig. En ek wil vir my in T-Rex se wêreld ‘n T-Rex kry vir ‘n pet.

Jayden Ludick

Marnus Kruger ‘n Nuwe gaming PC. Ek wens vir onbeperkte geld en ek wens skool bestaan nie meer nie.

Marnus Kruger

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button