Local newsNewsNews

Saam-saam maak hul paaie reg

Met die munisipaliteit wat dienste agterweë laat is daar al hoe meer privaat instansies, inwoners en selfs skole wat inspring om slaggate reg te maak.

VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Kollegepark in samewerking met Dutton Motors Sasolburg het die afgelope maand saamgewerk om slaggate reg te maak.

Skoolhoof Coenie Herbst sê die projek het reeds einde Junie afgeskop toe ‘n span onder leiding van die voormalige hoof van Laerskool Suikerbos, Giel Meyer, begin het om gate te vul.

Tussen 11 en 21 Julie is daar eers ‘n blaaskans geneem en op 21 Julie het Terry de Bruyn en sy span van Dutton Motors ingespring en gate rondom die skool, die NG Kollegepark Gemeente en ander systrate reggemaak.

“Ons is amper klaar, ons wag net vir nog teer. Tot dusver het ons 11 ton teer gebruik om die groot strate en systrate om die skool reg te maak.

“Ons is regtig dankbaar teenoor Duttons wat altyd bereid is om in te spring en te help,” het Coenie gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button