Local newsNewsNews

Ouma Sannie se 97ste verjaarsdag gevier

Veels geluk Ouma Sannie met die besondere verjaarsdag.

SASOLBURG – Saterdag het Ouma Sannie Bezuidenhout se familie en vriende saamgekom om haar verjaarsdag te vier. Sy het 97 jaar geword.

Ouma Sannie Bezuidenhout is met ‘n koffieoggend saam met haar naaste familie en vriende bederf. Foto: Gerda Bruinette

Sy is ‘n Vrystater van geboorte en het op die plaas Waterdraai in die Frankfort-distrik grootgeword. Sannie is uiteindelik met Ben Bezuidenhout van die buurplaas Midden getroud en die egpaar het ses kinders gehad.

Later jare het hul dorp toe getrek waar Ben vir die Vrystaat Koöperasie gewerk het tot met sy aftrede. Nadat haar eggenoot in 2002 oorlede is, het Ouma Sannie in die huis aangebly tot 2009.

Daarna het sy in Frankfort in die Swartshofwoonstelle gebly tot op die ouderdom van 94. Drie jaar gelede het sy op aandrang van haar kinders Sasolburg toe getrek, waar sy nou ‘n woonsteleenheid deel met een van haar voormalige skoonseuns.

Van Ouma se ses kinders, lewe drie nog. Sy het 13 kleinkinders, waarvan twee oorlede is, 21 agterkleinkinders en vyf agteragter kleinkinders.

Ouma is steeds helder van verstand en lees graag Engels en Afrikaanse boeke, en geniet haar volwasse inkleurboeke. Sy het twee maande gelede ‘n trappie buite misgetrap en haar heup gebreek.

Ongelukkig kan die heup weens haar hoë ouderdom nie met ‘n operasie herstel word nie. Soos haar dogter, Alta Pienaar sê: “Deur die genade van Bo en haar goeie versorger het sy sodanig herstel dat sy reeds ver ente met haar loopraam stap en kan sy weer haarself help.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button