VAALDRIEHOEK – Die 2025 SA Onafhanklike Kunstenaar Musiektoekennings (Afri-Indie Toekennings) vind 5 Augustus in Pretoria plaas.
Die gesogte toekennings groei jaar na jaar en hierdie jaar is verskeie Vaaldriehoekers weer benoem.
Sean Miles, ook bekend as die Vaaldriehoek se singende skoolhoof, is in die kategorie Best Southern Rock Single vir Heartbreak down benoem. Dis die tweede jaar wat hy benoem is.
Diverted Disorder is benoem vir Best Rock Single en Best Alternative Single vir hul enkelsnit Portraits.
Harry Broersma en Déjà Vu is vir ‘n tweede keer benoem. Die keer vir Beste Rock Enkelsnit vir Medikasie. Verlede jaar het hul die einste toekenning verower vir hul enkelsnit, Rof.
Victor Bravo & M*O*U is benoem vir Beste Kontemporêre enkelsnit en beste liedjieskrywer vir hul Intertwined.
AYRTON, een van die Vaal se jong popsterre, het twee benoemings op sy kerfstok, vir Best Southern Rock Single en vir Best Songwriter.
Sterkte en voorspoed. Hou die Vaaldriehoek se naam hoog by die Afri-Indie Toekennings.
