Local newsNewsNews
Kollegepark spog met ses provinsiale krieketsterre
Dié ses jongmanne gaan hul staal wys by die opkomende Sedibeng krieket ligas.
VANDERBIJLPARK – Laerskool Kollegepark is baie trots nadat twee van hul o10-krieketspelers, twee van hul o11’s en twee van hul o12-krieketspan vir provinsiale spanne gekies is.
Zayden Barkley en Kyle Jacobs is onderskeidelik vir Sedibeng o10 en die Sedibeng o10 uitnogdigingspanne gekies.
Markus van den Berg gaan vir die o11 Sedibengspanspeel en Roussouw Toerien vir die South Area 011’s.
Johanru Fourie gaan Sedibeng se o12’s verteenwoordig en Russel Langa South Area se o12 span.
Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Julle harde werk en liefde vir die spel het vrugte afgewerp — en nou wag daar nog groter dinge op julle!
“Ons is ongelooflik trots op julle en weet dat julle nie net julself nie, maar ook ons skool met trots gaan verteenwoordig.”
Volg die spanne se vordering in die opkomende Sedibeng krieket ligas by Check-e-log.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
