MEYERTON – Caitie Rock is bekend vir haar op en wakker liedjies wat sy skryf en net so mooi sing ook.
Sy skitter nie net op die verhoog en in die musiekbedryf nie, maar ook in verskeie sportsoorte, waaronder hokkie.

Sy speel tans vir Dr. Malan se o15 A-span. Dié span het Transvalia op hul tuisgronde gewen. Vanaf 7 – 10 Augustus speel die Dokkies op HS Linden se gronde teen o.a skole van Pietersburg, Rustenburg, Ermelo, Boksburg en Pretoria in die Noordvaal liga.
Die liga dek ʼn wye area van meer as 50 skole en 300 spanne. Dit word beskou as een van die grootste hokkie toernooie in die land. Dr. Malan se o15 A meisies is die enigste span van hul skool in die A-liga.
Tipies Caitie het sy ʼn manier ontdek om die opwinding van die hokkie toernooi met haar musiek te kombineer. Sy het die Noordvaal hokkie temalied geskryf en opgeneem. Dit kan o.a op YouTube en Spotify geluister word.
Die lied sal dan ook voor elke wedstryd gespeel word. Gaan luister gerus by https://www.youtube.com/watch?v=5ZZMQJn2yt0. Al die wedstryde word uitgesaai op Super Sport Schools.
