Local newsNewsNews

Gholf-ghoeroe wys sy staal

Groot gholftoekoms wink vir Valie

VANDERBIJLPARK – Die naam

gaan voortaan baie meer lugtyd kry. Dit is verseker. Die jong gholfspeler van die Hoërskool Transvalia is besig om opslae te maak nadat hy onlangs die Vaal de Grace Vrystaat Ope gewen het.

Janko se goeie vorm het reeds in April gedurende die NWU Super16-toernooi begin, toe hy ‘n beste rondte van drie onder syfer 69 geslaan het.

Dit was goeie voorbereiding vir twee belangrike toernooie tydens die Julie-skoolvakansie, die SA skoletoernooi en Vrystaat Ope.

Nie net eindig hy sesde in die SA Seuns o17-toernooi by Reading nie, hy veg terug om die Vrystaat Ope te wen. Hy is nie verniet die Vaaldriehoek se top skolespeler nie en daar word ‘n blink toekoms vir hom voorspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button