Local newsNewsNews

Ernstige rugbybeserings teister die Vaal

Gebede word gevra vir speler wat steeds in ICU is

VEREENIGING – ‘n Donker wolk het verlede Saterdag oor die Vaaldriehoek gehang nadat twee skolerugbyspelers ernstige kopbeserings opgedoen het. Brandon van der Berg (18), ‘n matrikulant aan die Hoërskool Overvaal, het in sy laaste wedstryd vir die skool in Wolmeranstad ernstige harsingskudding opgedoen en is met bloeding op die brein in die hospitaal opgeneem.

Francois Kruger (17), ‘n leerling aan Hoërskool Transvalia het sy nek in ‘n derdespan-kragmeting teen Nelspruit gebreek. Hy het wonderbaarlik ‘n noodoperasie oorleef en sterk by die huis aan. Dokters is verbaas dat hy nie verlam is nie. Brandon is ook in ‘n duikslag beseer. Na hy op die veld gestabiliseer is, is hy per helikopter na Milparkhospitaal in Johannesburg geneem.

Francois Kruger

Na intensiewe skanderings en toetse is hy in die hoësorg traumaeenheid opgeneem. “Hy is steeds in ICU en sukkel met vreeslike hoofpyne,” het sy ma, Kerry-Lee, gesê. Volgens sy ma is daar opvolgskanderings gedoen en hulle wag vir terugvoering van die dokter oor die pad vorentoe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button