VANDERBIJLPARK – Die R57 is vanmiddag tot ‘n stilstand geruk nadat ‘n matriekleerling en sy ma in ‘n ernstige ongeluk naby Vaal Mall betrokke was. Die leerder is glo per helikopter hospitaal toe geneem. Na wat verneem word, het ‘n silwer bakkie wat van Sasolburg se rigting afkomstig was, beheer verloor en met aankomende verkeer gebots.
Dit is onduidelik of die pad nog gesluit is, maar motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
