NewsNewsSport

Kookwater boks by Fight Night

10 Boksgevegte in een aand, dit was 'n feesmaal vir al die boksentoesiaste.

VANDERBIJLPARK – Op 26 Julie was die Knock Out Pub & Grill behoorlik gepak met boks entoesiaste van alle ouderdomme. Dit was die vierde maal wat die White Collar Boxing aand by Knock Out gehou is.

JJ kry ekstra raad in die rooi hoek tussen rondtes. Foto: Gerda Bruinett

Onder die wakende oog van een van Suid-Afrika se beste boksskeidsregters, Willie Lombaard, het al die gevegte sonder beserings of onwettighede verloop.

Elke bokser is met toejuiging verwelkom en elkeen het met dramatiese musiek hul weg na die kryt gevind.

Elke geveg het uit drie rondtes bestaan en alhoewel daar maklik ‘n wenner in die meeste gevegte uitgewys sou kon word, mag daar nie by die White Collar Fight aande wenners wees nie. Al die deelnemers het wel medaljes ontvang.

Ruand het sy teenstander Seth moeg en op die agtervoete. Foto: Gerda Bruinette

Die volgepakte kroeg het hul behoorlik in die gevegte ingeleef en van die hoeke af het die afrigters hul boksers bo die gedruis van die mense aangemoedig met raad van “haal asem” tot “kom uit die hoek uit.”

Die skare het veral in die laaste vyf gevegte luidkeels aanmoediging gegee. In die heel laaste geveg het Jaco Nortje vir Daniel Pheiffer plat op sy rug gehad.

Jay hou JJ fyn dop om seker te maak hy keer die volgende hou af. Foto Gerda Bruinette

Een van die twee se seuntjies het die geveg op sy selfoon opgeneem en luidkeels geskreeu. “Slaan hom op die lewer Pappa. Laat hom val Pappa. Slaan hom. Slaan hom.”

Alhoewel die boksers mekaar hard in die bokskryt aangevat het is daar na die gevegte lekker saamgekuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button