Local newsNewsNews

Hoekie-leerling kritiek na gru-ongeluk

Sal more weer teater toe gaan

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek trek laer om die HS Driehoek nadat een van sy matriekleerlinge, Chris Zurcher (17), in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is nadat hy en sy ma gister, 8 Augustus in ‘n ernstige motorongeluk op die R57 betrokke was.

Die oorskot van die Mahindra XUV waarin Chris en sy ma gery het ten tyde van die ongeluk. Foto: Chase

Chris is per helikopter na die Netcare Alberton vervoer waar hy ‘n noodoperasie ondergaan het om sy milt te verwyder. Volgens sy sussie, Natasha Mouton is Chris tans in ‘n geïnduseerde koma weens die swelling op sy brein. “Hy het ook gesigfrakture en skeure op sy lewer. Sy longe is ook beskadig, maar hy sal môre weer teater toe gaan, omdat hulle hom nie so lank onder sedasie wou hou nie,” het sy aan Vaalweekblad gesê.

Sy ma, Ilze was ‘n passasier en is ook met beserings in Cormed opgeneem, maar is intussen ontslaan. “Die dokter wou nie eintlik my ma ontslaan nie, maar sy wil met alle mag by my boetie wees. Haar skanderings het skoon teruggekom, maar daar’s streng voorwaardes as sy enige simptome toon moet sy dadelik terug hospitaal toe.”

Volgens ‘n getuie het die bakkie oor die middelman gejaag en Chris-hulle getref.  “Een van die passasiers het glo weggehardloop en die bestuurder moes ook uit die voertuig uitgesny word en is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.”

Chris, wat onlangs sy leerlinglisensie verwerf het, was op pad om sy pa in Vaaldam te besoek toe die gru-ongeluk plaasgevind het. Chris vier oor twee weke op 28 Augustus sy 18de verjaarsdag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button