NewsNews

11 nominasies vir Vaal se Leonardo

Welgedaan aan sanger en liedjieskrywer Leonardo. Ons hou duimvas vir die groot toekenningsaand.

VANDERBIJLPARK – Vanjaar het op ‘n rowwe noot vir een van die Vaaldriehoek se sangers, Leonardo, begin.

Hy het in Februarie ‘n beroerte gehad, maar met baie geduld en harde werk is hy al lankal reeds weer op en aan die gang.

“Ek kan relatief weer normaal loop. Dis alles net genade,” vertel hy. Hy het nie net hard gewerk om sy spiere weer te gebruik nie, ook in sy musiekloopbaan hou hy net aan om alles in te sit.

Dit werp vrugte af. Leonardo is vir 11 kategorieë benoem vir hierdie jaar se SA Country Music Association/ Foundation (SACMAF) toekennings.

“Om vir ‘n SACMAF toekenning benoem te word is iets waaroor ek nog altyd net gedroom het.”

Hy is benoem vir I Grew Up On Country Music – Newcomers Country Original – Male, Long May the Wheels Keep Turning – Country Cover Male of the Year, Tussen Stof & Sterre – Afrikaans Contemporary Original Male, Blinde Passasier – Afrikaans Newcomers Original Male, Legends Sterf Nie – Afrikaans Rock

Original Male, You Kissed the Devil – English Pop Original Male, Heart to Heart – English Newcomers Original Male, The Best (Simply) – English Rock Cover Male, Yes I Can – English Pop Cover Male, Out of the Grave – Country Gospel Original Male en Pretty Good at Drinking Beer – Country Rock Original Male.

Die toekenningsaand vind op 1 Oktober plaas. Naas die benoemings het Leonardo ook in Junie vanjaar die Public People’s Choice Award op Radio X5 gewen en verlede maand het hy sy dekade as ‘n professionele kunstenaar gevier. Hy beskryf die afgelope 10 jaar as “’n dekade van drome, trane hoop en liedjies.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button