Opdatering: Vaal se matrikulant weer in teater
Swelling op die brein is steeds 'n groot bekommernis

VANDERBIJLPARK – Chris Zurcher (17), ‘n matrikulant aan die HS Driehoek wat ernstig in ‘n motorongeluk op die R57 beseer is, is vanoggend weer geopereer.
Hy is tans in ‘n geïnduseerde koma weens die omvang van sy beserings. Volgens sy sussie Natasha Mouton is sy milt met die vorige operasie verwyder en vandag word skade aan sy ingewande en lewer herstel.
“Met die swelling wat gesak het, het die dokters agtergekom sy arm is ook gebreek. Dit lyk soos ‘n skoon breek wat geen operasie gaan benodig nie. Hy het twee ernstige frakture aan sy gesig wat met chirurgie herstel moet word.”
Volgens haar is ‘n oorspesialis ook ingeroep vir vandag sy operasie, aangesien hy ‘n groot sny in sy regteroor. “Hulle is baie bekommerd oor die senuwees van sy oor na sy gesig. Sy brein is nog baie geswel. Hy gaan nog rukkie onder sedasie wees totdat die swelling sak,” het sy afgesluit.
