NewsNews

Vrolike oggend vir Huis Siësta

Helpende Hand Vanderbijlpark en AVBOB Vanderbijlpark span gereeld saam om bejaardes bietjie te bederf.

VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak in samewerking met AVBOB het op 8 Augustus ‘n spesiale oggend vir die inwoners van Huis Siësta gehou.

Daar is eers sit-sit ‘n paar strekoefeninge gedoen en toe is die inwoners in drie spanne gedeel, die Hasies, Leeus en Olifante.

Sanger Ruan Tennant leef homself in ‘n Elvis-treffer in. Foto: Gerda Bruinette

Intussen het die kunstenaar vir die oggend, Ruan Tennant al die pad van Pretoria, opgedaag.

Met sy natuurlike aanslag om op sy voete te dink en te vermaak, het hy gou almal om sy pinkie gedraai. Sy weergawes van Elvis Presley se liedjies het goed byval gevind.

Tussen sy sang, is daar noteraai gespeel. Almal is na die speletjies en optrede met varsgebakte kolwyntjies bederf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button