Local newsNewsNews

VRK is die Valke-klubkampioen vir 2025

Sluit liga op 'n hoogtepunt af

VEREENIGING – Maak nie saak of jy met ‘n punt wen nie. ‘n Wen bly ‘n wen, veral as jy dit in ‘n eindstryd vermag. Daarvan kan die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan getuig nadat hy vanmiddag in Brakpan as die Valke Klubkampioen gekroon is. Die manne van Vereeniging het die Panne met 39-38 in die eindstryd van die Valke Peregrineliga geklop.

Die Oos-Randers wat bo-aan die punteleer geëindig het was die gunsteling om die eindstryd te wen, maar die besoekers het hulle partytjie bederf. Die tuisspan het rustyd met 24-18 voorgeloop maar Ockert Brits se span het hand en tand teruggeveg om met 39-38 deur te skuur.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button