Local newsNewsNews

Skoolmaats ‘cheer’ Francois op

VANDERBIJLPARK - Die spreekwoordelike "Elke donker wolk het 'n silwer randjie" was deel van 'n liefdevolle gebaar toe die Valia Cheerleaders by skoolmaat Francois Kruger (17) gaan inloer het.

Sedert Francois twee weke gelede (2 Augustus) sy nek gebreek het in ‘n rugbywedstryd, was hy en sy gesin aan nuwe uitdagings blootgestel.

Maar hulle het ook oneindige liefde, omgee en ondersteuning uit die gemeenskap, en regoor Suid-Afrika ontvang.

En watter jong man sal nou nie van oor-tot-oor glimlag as jy deur meer as 20 pragtige jong girls besoek word nie. Behalwe vir al die drukkies en mooi woorde, is Francois ook met lekkernye bederf.

Francois is ‘n positiewe jong man wat reeds met nekstut en alby die huis rondbeweeg (hoewel hy homself nie mag ooreis nie).

Dit is vir hom hartseer, maar hy het ook reeds aanvaar dat sy rugbydae iets van die verlede is.

“Dit was ‘n lekker verrassing, ek waardeer dat die cheerleaders by my kom kuier het,” sê Francois.

Vaalweekblad sal Francois se vordering volg.

Francois Kruger omring deur die Transvalia Cheerleaders toe hulle hom by sy huis verras het.
Soene is oppad – Lumé Janse van Rensburg (links) en Ava Oberholzer saam met Francois Kruger.
Valia se vyf hoof chearleaders saam met hul beseerde skoolmaat. Van links is: Tayla Brisley, Nolinca Heyneke, Lumé Janse van Rensburg, Francois Kruger, Ava Oberholser en Clarise Saayman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button